- Die voorbereiding van finansiële state ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyke en toepaslike wetgewing, en die interpretasie van sodanige finansiële state.
- Die ontwerp en bestuur van internet rekeningkundige stelsels om inligting aan bestuur te verskaf wat hulle in staat stel om hul besigheid te beplan, monitor en beheer.
- Belastingdienste van hoogstaande gehalte, asook belastingbeplanning.
- Die lewering van konsultasiedienste aan die bestuur van ondernemings; hierdie dienste sluit in raadgewende dienste in verband met beplanning, beheer, kosteberekening, finansiële bestuur en verslagdoening, dataverwerking en verwante stelsels.
- Ander dienste sluit in ondersoeke, boedelbeplanning en administrasie