Fourie Rekenkundige Praktyk is 'n onderneming wat die suksesresep ontwikkel het om aan U onderneming en boerdery alles te bied wat U nodig het om die sukses en vooruitgang van U besigheid te bewerkstellig.

   Ons is 'n gevestigde rekenmeestersfirma wat spesialiseer in die finansiĆ«le bestuur van boerdery ondernemings. Ons werkswyse is uniek in die bedryf en het ten doel om die kliĆ«nt te alle tye ingelig te hou en gemoedsrus te gee.

   Ons beklee vandag 'n leiersrol in 'n groot aantal boerderyondernemings in die Noord-Kaap. Ons verbind ons tot persoonlike aandag, vertroulike hantering van alle inligting, realistiese en objektiewe raad, asook die akkurate verwerking van alle inligting.

   Ons pas te alle tye die grondbeginsels van Integriteit, Objektiwiteit, Onafhanklikheid, Professionele bevoegdheid en behoorlike sorg, Vertroulikheid en Professionele gedrag toe.